Eenvormigheidswet van 1662

Die Eenvormigheidswet van 1662 (14 Car 2 c 4) was 'n wet van die Parlement van Engeland. Die wet word ook aangehaal as 13 & 14 Ch.2 c. 4,[nb 1] 19 Mei 1662. Dit het die formaat van publieke aanbidding, bediening van sakramente, en ander rites van die staatskerk, die Kerk van Engeland voorgeskryf, aan die hand van al die rites, seremonies en leerstellinge wat in die Book of Common Prayer vervat word. Nakoming hiervan was 'n voorvereiste vir enigeen wat enige amp in die regering of kerk wou beklee, alhoewel die uitgawe van die voorgeskrewe Book of Common Prayer so nuut was dat meeste mense dit nog nie onder oë gehad het nie. Verder is episkopale ordinering vir alle leraars (d.w.s. diakens, priesters en biskoppe) herstel, nadat die streng protestantse Puriteine tydens die burgeroorlog met baie instellings van die kerk weggedoen het.

Die wet was 'n bekragtiging van Elizabeth I se godsdienstige skikking van 1558 wat 'n staatskerk wat nòg Katoliek nòg uiters streng Protestants sou wees in die vooruitsig gestel het.[1] Met jaareinde 2010 was die wet steeds deels van krag in Groot-Brittanje.[2]


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nb", but no corresponding <references group="nb"/> tag was found

  1. "Die goue era van koningin Elizabeth I—Mite of werklikheid?". Watchtower online library. 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2016. Besoek op 2 Februarie 2015.
  2. The Chronological Table of the Statutes, 1235–2010. The Stationery Office. 2011. ISBN 978-0-11-840509-6. Part I. Bladsy 63, lees met bladsye viii en x.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search